Privacy Policy - ZA

a clinical study for people with

ulcerative colitis

Privaatheidsbeleid


Effektiewe datum: 1 Januarie 2020 Kennisgewingweergawe: 1.0

Hierdie dokument reguleer die privaatheidskennisgewing van ons webwerf, cessa-uc.com. Dit beskryf hoe Cristcot HCA LLC (bekend as โ€œCristcotโ€, โ€œcessaโ€, โ€œcessa-ucโ€ of โ€œwebwerfโ€) wat die cessa-uc.com-webwerf besit en bedryf, enige โ€œpersoonlike dataโ€ beskerm wanneer u hierdie webwerf gebruik.

Lees asseblief ons privaatheidskennisgewing aandagtig deur om duidelik te verstaan hoe ons u persoonlike data inwin, gebruik, beskerm of andersins hanteer.

Ons mag die privaatheidskennisgewing van tyd tot tyd opdateer deur hierdie bladsy by te werk. U moet gereeld na hierdie bladsy kyk om seker te maak dat u met enige veranderinge saamstem.

Die kontakbesonderhede vir vrae en kommentaar wat met hierdie beleid verband hou, kan gesien word by: research@cessa-uc.com.

Onderwerpe wat in ons privaatheidskennisgewing gedek word

U regte

Watter persoonlike inligting win ons in?

Hoe gebruik ons u inligting?

Op watter gronde gebruik ons u persoonlike data?

Hoe beskerm ons u inligting?

Hoe ons u persoonlike inligting behou en vernietig

Wetlike vereistes vir vrystelling van inligting

Onthullings aan regsopvolgers

Herroeping van u toestemming om u persoonlike inligting te gebruik

Internasionale data-oordragte en โ€‘bewaring

Webbakens

Google Ad and Content Network Privacy Notice

Google Analytics Privacy Notice

Google Remarketing

Facebook Remarketing

Hoe om ons oor u persoonlike inligting te kontak

Do not track-instellings

Gebruik van u kredietkaart

Die COPPA-wet (Children Online Privacy Protection Act)

Vrae oor ons privaatheidsbeleid

 

U regte
Wanneer u ons webwerf gebruik en persoonlike data aan ons stuur, het u moontlik sekere regte ingevolge die algemene databeskermingsregulasie (General Data Protection Regulation, GDPR) en ander wette. Afhangende van die regsgrondslag ten opsigte van die verwerking van u persoonlike data, het u moontlik sommige van of al die volgende regte:

Die reg om ingelig te wees

U het die reg om ingelig te word oor die persoonlike data wat ons van u inwin en hoe ons dit verwerk.

Die reg op toegang

U het die reg om bevestiging te kry dat u persoonlike data verwerk word en dat u toegang tot u persoonlike data mag verkry.

Die reg op regstelling

U het die reg om u persoonlike data reg te stel as dit onakkuraat of onvolledig is.

Die reg op wissing (reg om vergeet te word)

U het die reg om te versoek dat u persoonlike data verwyder of gewis word as daar geen dwingende rede is waarom ons dit moet aanhou verwerk nie.

Die reg om verwerking te beperk

U het die reg om die verwerking van u persoonlike data te โ€œblokkeerโ€ of te beperk. Wanneer u persoonlike data beperk word, mag ons dit bewaar, maar ons mag dit nie verder verwerk nie.

Die reg op data-oordraagbaarheid

U het die reg om u persoonlike data wat u aan ons verskaf het, te kry en vir u eie doeleindes te gebruik. Ons sal u data binne 30 dae van u versoek aan u verskaf. Om u persoonlike data aan te vra, kontak ons asseblief deur middel van die inligting boaan hierdie privaatheidskennisgewing.

Die reg om beswaar aan te teken

U het die reg om beswaar te maak teen ons verwerking van u persoonlike data, vir die volgende redes:

Verwerking is gebaseer op geldige belange of die verrigting van โ€™n taak in die openbare belang of die uitoefening van amptelike gesag (insluitend profilering).

ยท       Direkte bemarking (insluitend profilering)

ยท       Verwerking was vir wetenskaplike/historiese navorsingdoeleindes en statistiek

ยท       Geoutomatiseerde indiwiduele besluitneming en profilerings is gebruik

ยท       Hoe om โ€™n klag by die owerhede aanhangig te maak

U het die reg om โ€™n klag by toesighoudende owerhede aanhangig te maak as die verwerking van u inligting nie aan die GDPR-regulasie voldoen het nie. As die toesighoudende owerhede versuim om u klag behoorlik aan te spreek, is u moontlik geregtig op โ€™n geregtelike remedie.

Watter persoonlike inligting win ons in?

Ons win nie wanneer u ons webwerf besoek inligting van u in nie. Ons webwerf bied nie aan u โ€™n manier om โ€™n bestelling te plaas, of op โ€™n nuusbrief in te teken, of inligting op ons webwerf in te voer nie. Daar is geen vorms of kontakinsetvelde op ons webwerf nie.  Ons doen dit intensioneel. Die nie-persoonlik-identifiseerbare inligting wat wel met behulp van u internetgebruik via die IPโ€‘adres op u rekenaar ingewin word, word hier onder beskryf. Dit sluit inligting in wat deur derde partye ingewin word wanneer u webwerwe โ€“ ons sโ€™n ingesluit โ€“ besoek.

Wanneer u deur ons webwerf blaai kan ons moontlik โ€œverkeersdataโ€ ontvang wat geregistreer word deur die webgasheer se bedieners, koekies wat moontlik sekere nie-persoonlik-identifiseerbare inligting deel en u rekenaar se internetprotokoladres (IP-adres). Ons kan ook moontlik die inligting gebruik wat ander eksterne dienste vir verkeersontleding bied, soos Google Analytics.

Hoe gebruik ons u inligting?

Ons kan moontlik nie-persoonlik-identifiseerbare inligting gebruik wat ons van derde partye soos Google Analytics inwin, hoofsaaklik vir die volgende doeleindes:

ยท       Om die webwerf te bedryf en aan u die inligting wat daarop beskryf word, te verskaf;

ยท       Om die gehalte van ons webwerf en die inligting wat daarop verskaf word, te verbeter; en/of

ยท      Vir interne rekordhoudingsโ€‘ en stastistiese doeleindes.

Op watter gronde gebruik ons u persoonlike data?

Die inligting wat met u verband hou wat ons inwin en bewaar, word hoofsaaklik gebruik om ons in staat te stel om aan u inligting te verskaf.

Die deel van inligting met sustermaatskappye en ander derde partye

Ons sal nie enige nie-persoonlik-identifiseerbare besoekersinligting of persoonlike data oor ons gebruikers of derde partye aan derde partye verkoop, verhandel of andersins oordra nie.

Dit sluit nie ander partye in wat ons help om ons webwerf te bedryf, ons besigheid te bedryf (insluitend prokureurs en kliniese navorsers), sakevennote of voornemende sakevennote in kliniese navorsing en bedryfverwante sakebedrywighede soos die verkoop, verkryging of samesmelting van ons bates nie. Al sodanige partye stem in om hierdie inligting vertroulik te hou en dit ooreenkomstig die wette en reรซls rakende die beskerming van persoonlike data te hanteer.

Ons kan ook moontlik inligting vrystel wanneer sodanige vrystelling op gepaste wyse voldoen aan die wet, of ons sentrumbeleid afdwing, of ons of ander mense se regte, eiendom of veiligheid beskerm.

Nie-persoonlik-identifiseerbare besoekersinligting mag egter aan ander partye verskaf word vir bemarking, advertensies of ander soortgelyke gebruike.

Hoe beskerm ons u inligting?

Ons win nie nie-persoonlik-identifiseerbare inligting van besoekers aan ons webwerf in nie. U nie-persoonlik-identifiseerbare besoekersinligting word gestoor op beveiligde bedieners en netwerke is en slegs โ€™n beperkte aantal mense het spesiale toegangsregte tot sulke stelsels, en daar word van hulle verwag om die inligting vertroulik te hou.

Ons het ons webwerf op bedryfstandaard sekuriteit en outentisering gebou om die sekuriteit van u persoonlike data te beskerm. Ons en die derde partye wat dienste aan ons lewer, handhaaf ook tegniese en fisiese veiligheidsmaatreรซls om u persoonlike data te beskerm. Ongelukkig kan ons, weens die aard van persoonlike inligting, nie waarborg dat u persoonlike inligting of data wat beveilig via die internet oorgedra word, nie verlore sal raak of misbruik sal word nie. Ons raai u ten sterkste aan om u persoonlike data te beskerm en dit met niemand te deel nie deur gebruik te maak van onttrek-opsies vir derde partye wat wel nie-persoonlik-identifiseerbare besoekersinligting uit u besoek aan ons webwerf inwin. Meld altyd af uit โ€™n webblaaier wanneer u dit klaar gebruik het, veral as u u rekenaar met iemand anders deel of dit op โ€™n openbare plek gebruik.

Hoe ons u persoonlike inligting behou of vernietig

Ons behou nie-persoonlik-identifiseerbare besoekersinligting wat ons uit u besoek aan ons webwerf inwin slegs vir solank as wat ons dit vir regsโ€‘ of sakedoeleindes nodig het. U inligting kan moontlik in elektroniese formaat of op papier, of โ€™n kombinasie van die twee, gehou word. Wanneer ons u inligting nie meer nodig het nie, sal ons dit vernietig, verwyder of wis.

Inligtingsvrystelling wat volgens wet vereis word

Dit is moontlik dat daar volgens wet van ons vereis kan word om u persoonlike data openbaar te maak indien sodanige openbaarmaking (a) by dagvaardiging, wet of ander regsproses vereis word; (b) nodig is om wetstoepassingsbeamptes of regeringsliggame te assisteer; (c) nodig is om ons regsvoorwaardes of die verbreking daarvan te ondersoek of andersins af te dwing; (d) nodig is om ons te beskerm teen regsaksies of eise van derde partye, insluitend u en/of ander gebruikers of lede; of (e) nodig is om die wetlike regte, persoonlike/saaklike eiendom of veiligheid van ons maatskappy, gebruikers, werknemers en sustermaatskappye te beskerm.

Onthullings aan regsopvolgers

Indien ons besigheid verkoop word of met โ€™n ander besigheid saamsmelt, hetsy in die geheel of gedeeltelik, welke ander besigheid as gevolg daarvan verantwoordelikheid aanvaar om die webwerf aan u te verskaf, behou ons die reg voor om u persoonlike inligting aan sodanige nuwe besigheid oor te dra. Die nuwe besigheid sal die reg behou om u persoonlike inligting te gebruik ooreenkomstig die bepalings van hierdie privaatheidskennisgewing, sowel as enige veranderinge wat die nuwe besigheid aan hierdie privaatheidskennisgewing mag aanbring. Ons behou ook die reg voor om u persoonlike inligting oor te dra indien ons maatskappy bankrotskap sou verklaar en al ons bates of deel daarvan aan โ€™n ander individu of besigheid verkoop sou word.

Herroeping van u toestemming om u persoonlike inligting te gebruik

U het die reg om u toestemming dat ons u persoonlike inligting mag gebruik te eniger tyd te herroep. Sodanige terugtrekking sal geen uitwerking hรช op onthullings wat andersins volgens wet toelaatbaar is nie, soos onthullings aan onder meer: (i) sustermaatskappye en sakevennote (ii) derdepartydiensverskaffers wat sekere dienste aan ons maatskappy lewer, soos rekenaarstelseldienste, databestuursdienste en ander wat met die instandhouding van die webwerf help (iii) derde partye wat nodig is om op u versoeke te reageer (iv) regeringsliggame of wetstoepassingsdepartemente, of soos andersins kragtens toepaslike wetgewing gedoen moet word en/of (v) voorheen afgehandelde onthullings aan derde partye. As u u toestemming dat ons u persoonlike inligting mag gebruik, wil terugtrek, kan u met behulp van die kontakbesonderhede boaan hierdie kennisgewing met ons in aanraking kom.

Internasionale dataoordragte en โ€‘bewaring

Nie-identifiseerbare persoonlike data wat ons uit u besoek aan ons webwerf inwin, kan moontlik bewaar en verwerk word en oorgedra word tussen lande waar ons werksaam is, spesifiek die VSA. Die Europese Unie aanvaar nie dat die VSA se databeskermingsvlak ten opsigte van persoonlike data kragtens artikel 45 van die GDPR voldoende is nie. Ons maatskappy verlaat hom vir spesifieke situasies soos in artikel 49 van die GDPR omskryf op derogasies. Vir klante en gebruikers in die Europese Unie kan u persoonlike data, met u toestemming, buite die Europese Unie na die VSA oorgedra word. Waarheen ons ook al u persoonlike data oordra, of waar ook al ons dit verwerk of bewaar, ons sal redelike stappe doen om dit te beskerm. Ons sal die inligting wat ons van u inwin ooreenkomstig ons privaatheidskennisgewing gebruik. Deur ons webwerf te gebruik, stem u in tot die oordrag van u persoonlike data soos in hierdie afdeling beskryf.

Webbakens

Ons kan moontlik gebruik maak van โ€™n tegnologie wat as webbakens bekend staan om nie-persoonlik-identifiseerbare inligting oor u gebruik van ons webwerf in te win. Die inligting wat ons deur webbakens kan inwin, sal ons in staat stel om die gedrag van ons besoekers statisties te monitor.

Google Ad and Content Network Privacy Notice

Derdeparty verskaffers, insluitend Google, gebruik koekies om advertensies te bedien wat gebaseer is op โ€™n gebruiker se besoeke aan ons webwerf in die verlede. Google se gebruik van die DoubleClick-koekie stel hom en sy vennote in staat om advertensies aan gebruikers te bedien wat gebaseer is op die gebruikers se besoeke aan ons webwerf en/of diรฉ van ander internetwebwerwe. Gebruikers mag onttrek aan die gebruik van die DoubleClick-koekie vir belangstellinggebaseerde advertensies deur http://www.aboutads.info/choices/ te besoek. Vir Europese gebruikers, besoek http://www.youronlinechoices.eu.

Die Google Analytics-privaatheidskennisgewing

Ons webwerf kan moontlik Google Analytics gebruik om inligting oor die gebruik van ons webwerf in te win. Google Analytics win gebruikersinligting in soos ouderdom, geslag, belangstellings, demografie, hoe dikwels die betrokke gebruiker ons webwerf besoek, watter bladsye hulle besoek, en watter ander webwerwe hulle gebruik het voordat hulle na ons webwerf toe gekom het. Ons kan moontlik die inligting wat ons van Google Analytics kry, gebruik om verkeer te ontleed, ons produkte en dienste aan gebruikers te herbemark, en ons bemarking en advertensies en ons webwerf te verbeter. Ons kan moontlik Google Analytics se advertensiefunksies soos Remarketing with Google Analytics, Google Display Network Impression Reporting, en Google Analytics Demographics and Interest Reporting aktiveer. Google Analytics win net die IP-adres wat op die dag wat u ons webwerf besoek het, aan u toegeken is, in โ€“ nie u naam of ander identifiserende inligting nie. Ons kombineer nie die inligting wat met behulp van Google Analytics ingewin word met persoonlike data nie. Google Analytics plant โ€™n permanent koekie op u webblaaier om u die volgende keer wat u ons webwerf besoek as unieke gebruiker te identifiseer. Diรฉ koekie kan egter deur niemand anders as Google gebruik word nie. Google gebruik ook spesifieke identifiseerders om ons te help om inligting oor die gebruik van ons webwerf in te win. Vir meer inligting oor hoe Google u data inwin en verwerk, besoek https://www.google.com/policies/privacy/partners/.

U kan Google Analytics daarvan weerhou om u inligting te gebruik deur met behulp van hierdie skakel te onttrek: https://tools.google.com/dlpage/gaoptout.

Google-herbemarking

Ons webwerf kan moontlik van โ€™n herbemarkingsadvertensiediens gebruik maak. Herbemarkingsdienste wat deur Google en ander maatskappye gelewer word, wys advertensies regoor die Internet. Met herbemarking kan u moontlik advertensies vir produkte waarna u voorheen gekyk het, sien. Gestel byvoorbeeld u besoek โ€™n webwerf wat rekenaars verkoop, maar u koop nie met u eerste besoek aan daardie webwerf โ€™n rekenaar nie. Die eienaar van die webwerf wil u miskien aanmoedig om weer die webwerf te besoek en โ€™n rekenaar te koop deur weer vir u dieselfde of soortgelyke advertensies te wys op ander webwerwe wat u besoek. Ons kan moontlik ook vir soortgelyke doeleindes van herbemarking gebruik maak. Om dit moontlik te maak, sal Google โ€™n koekie wat reeds op u webblaaier is, lees, of โ€™n koekie in u webblaaier plaas wanneer u ons webwerf of diรฉ van ander webwerwe wat van herbemarking gebruik maak, besoek.

U kan aan Google se gebruik van koekies en herbemarking onttrek met behulp van hierdie skakel: https://support.google.com/ads/answer/2662922?hl=en of deur gebruik te maak van Network Advertising Initiative se onttrek-bladsy by: http://optout.networkadvertising.org/#!/.

Facebook-herbemarking

Derde partye, insluitend Facebook, kan moontlik gebruik maak van koekies, webbakens en ander stoor-tegnologie om inligting van ons webwerf en elders op die Internet in te win of te ontvang, en dit dan te gebruik om metingsdienste te lewer en geteikende advertensies te verskaf. Met Facebook-herbemarking kan u dalk nadat u ons webwerf besoek het ons advertensies op Facebook sien. Om dit moontlik te maak, gebruik Facebook gehoor-pasmaak-beeldelement (Custom Audience Pixel) wat geaktiveer word wanneer โ€™n besoeker op die webwerf aankom en dit word daar โ€™n unieke โ€œkoekieโ€ in die besoeker se webblaaier geplaas. Facebook se teikening van soortgelyke gehore stel webwerwe soos ons sโ€™n in staat om advertensies op Facebook te wys aan mense wat soos diegene wat reeds voorheen ons webwerf besoek het, is. Om te onttrek aan Facebook se inwinning en gebruik van inligting vir advertensieteikening, besoek: https://www.facebook.com/help/568137493302217.

Hoe om ons te kontak oor u persoonlike inligting

U kan met behulp van die kontakbesonderhede boaan hierdie kennisgewing met ons in aanraking kom en ons sal u help om ons gebruik van persoonlike inligting te verstaan. Ons kan egter moontlik u persoonlike inligting hou volgens wat nodig is om ons ooreenkomste te kan afdwing en om aan enige wetlike verpligtinge te voldoen.

โ€œDo not trackโ€-stellings

Party webblaaiers het stellings wat u in staat stel om te versoek dat ons nie u beweging binne ons webwerf moet naspoor nie. U kan na die gebruikerhandleiding van u webblaaier gaan kyk om te sien hoe u die nasporingsfunksie en ander sekuriteitstellings in u blaaier kan afskakel.

Ons e-posbeleid

Ons samel nie u e-posadres in nie. Dit is deel van ons besigheidpraktyk om u nie per e-pos te kontak nie, tensy u ons by die kontakbesonderhede boaan hierdie kennisgewing kontak. As u ons per e-pos kontak, sal ons net op die kommunikasie wat u inisieer, reageer. Ons sal u e-posadres hanteer ooreenkomstig die beleid vir die hantering van persoonlike inligting wat in hierdie kennisgewing uiteengesit is.

Gebruik van u kredietkaart

Ons webwerf verwerk nie finansiรซle transaksies nie.

Die COPPA-wet (Children Online Privacy Protection Act)

Ons win nie bewustelik die persoonlike inligting van kinders onder 16 in nie. As u as ouer of voog dink dat u kind ons webwerf gebruik, kontak ons asseblief. U gee hiermee te kenne dat u aanvaar dat ons nie die ouderdomme van ons gebruikers verifieer nie, en ook geensins aanspreeklik is om dit te doen nie.

Vrae oor ons privaatheidsbeleid

As u enige vrae oor ons privaatheidsbeleid het, kontak ons asseblief deur gebruik te maak van die kontakbesonderhede boaan hierdie kennisgewing.


Werf tans deelnemers by kliniesenavorsing-sentrums wรชreldwyd Om โ€™n navorsingsentrum naby u te vind, klik asseblief hier.
Vir meer inligting oor ons navorsing of om โ€™n navorsingsentrum naby u te vind, stuur asseblief โ€™n e-pos aan ons span by: research@cessa-uc.com

 

Cristcot HCA LLC 9 Damonmill Square, Suite 4A, Concord, MA 01742 USA

Privaatheidsbeleid | Gebruiksvoorwaardes

Cessa is die naam van โ€™n deurlopende kliniesenavorsing-proef vir pasiรซnte met ulseratiewe kolitis.
Die behandeling is nie in die handel verkrygbaar nie.
As u simptome het wat met prikkelbarederm-siekte verband hou, kontak u gastroรซnteroloog.